Editor's choiceLocal newsNews

Volkspelers vier fees in Boksburg

Die Boksburg Inspanlaer Volkspelegroep het ’n byeenkoms in die Boksburg Stadsaal gehou op Saterdagaand, 16 Augustus.

Die saamtrek was deel van die Afrikaanse Volksang en Volkspele-beweging (AVVB) se eeufeesviering.

Dit was ook die groep se 49ste verjaarsdag.

Laers van regoor die hele ou Transvaal-streek het hierdie kleurryke feesviering bygewoon.

Hanti Joubert.
Hanti Joubert.

Die dames en mans, oftewel ‘neefs en niggies’, was in kleurryke volkspeledrag geklee.

Volgens die Boksburg Inspanlaer leier, Ria Kasselman, is hierdie kleredrag gebaseer op die drag van twee tot drie eeue gelede, sowel as uit die Voortrekkers se tyd, en dit is nogsteeds uniek.

Die AVVB se danspassies word uitgevoer op volksliedjies uit die Afrikaanse musiek kultuur, byvoorbeeld, soos die FAK-sangbundel.

Boksburg Inspanlaer is aanstaande jaar 50-jaar-oud.

Alna Kriel and Stiaan van der Walt.
Alna Kriel and Stiaan van der Walt.

Leiers soos Frans Nolte, Jan Greyling, Kobus Kasselman, Isak van Heerden, Chris Botha, Johan Marx en Hennie Kasselman het in die verlede die groep gelei. Sedert 1984 is die groep onder leiding van Ria Kasselman.

Die laer wil kontak maak met alle stigters- en oud-lede, met die oog op twee reunies wat gehou gaan word, vir die tydperk tussen 1964 en 2014.

Christa Els and Marita van Heerden
Christa Els and Marita van Heerden

Inspanlaer kom weekliks by Laerskool Goudrand bymekaar.

Tydens hierdie aande word die spele geoefen vir vertonings, optredes, demonstrasies en sametrekkings.

Aangesien volkspele regoor Suid-Afrika dieselfde bundel het (127 spele), kan hulle op enige plek, dorp of stad byeenkomste hou, en almal kan dan saam volkspele hou.

Kontak Ria by 011 896 1961 of Pieter Jansen van Rensburg by 083 455 6499 vir enige navrae. – @FanieBoksburg

Gina Louw, Hans van der Walt and Maria Pelser.
Gina Louw, Hans van der Walt and Maria Pelser.

Related Articles

Back to top button