Local newsNews

Wrede sleepdood van kind wys misdaad is buite beheer

Die wrede sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris van Boksburg, aan die hand van kapers, wys ondubbelsinnig dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is, sê die VF Plus se leier in Gauteng, adv Anton Alberts.

Volgens Alberts sal daar weer ernstig besin moet word om misdaad wat met sulke wreedheid gepaard gaan, met die dood te straf.

“Luidens mediaberigte is Taegrin vermink nadat hy in ’n veiligheidsgordel van sy ma se gekaapte motor verstrengel geraak het en sowat 10km (8.5km van Reiger Park na Boksburg) langs die voertuig gesleep is.

“Dit is ondenkbaar hoe sy ouers, Chantel en Elvin, moet voel en die VF Plus wil sy diepste medelye met die gesin betuig. Dit kan bloot nie so voortgaan nie.

“Die vermoë van die polisie om misdaad onder beheer te bring, sal opnuut belig moet word.”

Oor die voorval waar ’n vyfjarige seun ongedeerd gevind is nadat hy verlede week Dinsdag (15 Julie) vermis geraak het tydens ’n motorkaping, sê Alberts dit is verblydend dat die voorval vandag nie nog ’n tragiese stukkie statistiek in die nuusblaaie is nie.

“In hierdie geval kan ons net saam met die gesin dankbaar wees.

“Maar, soos met Taegrin Morris, is dit iets wat nooit moes gebeur het nie.”

“Die invloed van misdaad op die lewe van Suid-Afrika se mense raak al hoe groter, en die VF Plus sal aanhou veg om die land weer ’n veilige tuiste vir al sy burgers te maak,” sê Alberts. – @IschkeBoksburg

ALERT: Boy dragged to death: bit.ly/1p75vZO

Mother tried to save son from hijackers: bit.ly/1n9rJKT

Police arrest suspect possibly linked to hijacking: bit.ly/1nZIAAt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button