Local newsNews

VF Plus versoek premier om voorleggings aan E-tol komitee te maak

Die VF Plus het Dinsdag, 8 Julie, ’n amptelike versoek aan die premier van Gauteng, David Makhura, gerig om voorleggings aan die E-tol komitee, wat 10 Julie deur die premier aangekondig is, te maak.

VF Plus LPW in Gauteng, Philip van Staden, het Dinsdag in die skrywe aan die premier versoek dat die VF Plus, asook die Tag (Tollgate Action Group) aksiegroep, voorleggings aan die komitee moet maak waarom die E-tol stelsel geskrap moet word.

Die party voer aan dat die E-tol stelsel ’n erge finansiële druk op die ekonomie van Gauteng plaas en dat verdere hofaksies rondom die aangeleentheid beplan word.

Hulle voer ook aan dat voorleggings en gesprekke binne in die komitee ’n weg kan baan om die probleme rondom die E-tol stelsel buite die hof uit te kan sorteer.

“Ons wag tans nog op ’n antwoord vanaf die premier en die VF Plus spreek die hoop uit dat die premier wel hierdie roete sal neem deur volledig met al die betrokke rolspelers te konsulteer voordat ’n finale besluit oor die e-tolstelsel geneem word,” sê van Staden. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button