Schools

EG Jansen maak druppel vir druppel ‘n verskil met bloedskenkdag

Die volgende bloedskenkdag is op 2 Mei by Laerskool Concordia.

Hoërskool Dr EG Jansen het 22 eenhede bloed ingesamel vir die nasionale bloedbank tydens die skool se eerste bloedskenkdag van die jaar op 17 April.

Lede van die bloedbank was vanaf ongeveer 13:30 met hul beddens, naalde, sap en koekies gereed om skenkers by te staan. Tot na 16:30 is beddens volgesit.

Die Boksburg Advertiser het ook die inisiatief ondersteun met Boitumelo Komape wat bloed geskenk het.
Komape het verduidelik sy het bloed geskenk omdat dit tot drie lewens kan red.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring. Ek het die geleentheid gehad om terug te gee. Om bloed te skenk vat nie net iets van jou nie, dit red lewens. Ek glo hoe meer mense bloed skenk, hoe meer sal ander ook inspring om hul deel te doen vir die bloedbank,” het sy verduidelik.

Ronel Steenkamp, projekbestuurder, het gesê: “Ons is dankbaar vir almal wat op die dag bloed geskenk het. Dit is verblywend om te sien dat jongmense die dag ondersteun het. Ons wil nou net ‘n beroep doen op die ouers en lede van die publiek om hul moue op te rol by die volgende bloedskenkdag.”

EG Jansen het in 2021 hande gevat met sy buurskool, Laerskool Concordia, wat gewoonlik op ’n maandelikse basis bloed insamel. Die skole het besluit om nou om die beurt maandeliks bloedskenkdae aan te bied.

Die volgende bloedskenkdag sal op 2 Mei by Laerskool Concordia plaasvind.

Lees Ook: Matrikulant van EG Jansen sterf

Lees Ook: Sweet victory for Benoni’s Van Jaarsveld at Colgate Race

 

   

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button