Schools

Concordia sluit jaar af met Kersspel

Laerskool Concordia bring hulde aan die Hemelse Vader vir al die seëninge en talente in oorvloed uitgestort op die skool.

Laerskool Concordia het 2022 met ‘n betowerende Kersspel waarby 400 leerders betrokke was afgesluit.

Dit is vir die skool belangrik dat alle leerders geleenthede gebied word om deel van ‘n groep te wees. Kultuur bied hierdie geleenthede op talle wyses.

Die leerders het hul staal gewys deur die vierde kwartaal hard te oefen en op 5 tot 8 Desember nog met oorgawe deel te neem aan die Kersspel.

Dit was ‘n fees van wonderlike sang deur die skoolleerders, danspassies afgerig deur onderwysers en afgewissel met toneel, spreekkoor en individuele vertellings. Hierdie groep het twee oggend- en drie aandvertonings met groot entoesiasme voltooi.

Die Kersspel het die Christusfees gevier en die klem het geval op die grootste geskenk van alle tye, die Christuskind wat aarde toe gekom het om vir ons die ewige lewe te skenk.

Laerskool Concordia se Kersspel vir 2022.

Die Kersspel span die kroon op ‘n jaar waarin Laerskool Concordia met groot sukses aan kultuuraktiwiteite deelgeneem het.

Laerskool Concordia het die ATKV- redenaars se eerste en semi-finale ronde by hul aangebied. Twee van die seuns het deurgedring na die landsfinaal van die ATKV-redenaars wat by Buffelspoort aangebied is.

Tydens die interskole redenaars en spanredenaars landsfinaal is Concordia se spanne en individuele redenaars nie net wenners met die Afrikaanse afdeling nie, maar ook van die Engels.

Radikale Redenaars se landsfinaal is ook by Concordia aangebied en talle wenspanne met spanredenaars opgelewer.

Tydens die Con Spirito Forte Kunswedstryd landsfinaal prysuitdeling was 12 van Concordia se leerders as afdelingswenners aangewys.

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

Lees Ook: Concordia maak groot skenking aan Boksburg DBV

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button