Local news

Bernina Boksburg bring vreugde aan senior burgers

Die instansies is dankbaar vir die geskenke.

Bernina Boksburg het senior burgers van drie instansies in Boksburg met kersgeskenke bederf.

Volgens Adele Huyzers, eienaar van Bernina Boksburg, het kersfeesbokse (gevul met items soos koekies en seep) gemaak met skenkings van haar wonderlike kliënte.

“Altesaam het ons meer as 200 ingesamel, en ek is so dankbaar vir almal wat bygedra het,” het Huyzers vertel.

Huis Dien Bothma, Kosmos en Witfield Park Aftree-Oord se verswakte inwoners het by die projek gebaat.

“Daar was so baie ekstra geskenke, dat ek weer ‘n draai gaan maak en nog die res aflaai in die ander afdelings vir ou mense wat nie kinders het nie.

Baie dankie ook vir Caxton se oulike vroue wat so mooi saam gewerk het.”

Lees Ook: Local business takes two prestigious awards

Lees Ook: Bernina Boksburg announces lucky draw winner

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button