Local news

Suiderland Volkspele lede vereer tydens saamtrek

Volkspelers het van heinde en ver gekom om die saamtrek by te woon.

Ria Kasselman van Dayanglen het op 15 Oktober tydens die Suiderland Volkspelegroep se jaarlikse saamtrek by die ARK Sentrum in Boksburg-Noord ‘n langdiens medalje en sertifikaat vir 60 jaar ontvang.

Die ander lede wat tydens hierdie geleentheid hul sertifikate ontvang het is Maria en Cobus Pelser, Gina Louw, Anna Erasmus Marlize Els en Jannie Erskine vir 15 jaar en Lallie de Beer vir 35 jaar.

Besoekende groepe van sover as Nylstroom, Bethlehem, Randfontein en Pretoria was teenwoordig.

Johan de Beer, groepleier en ondervoorsitter van die nasionale raad van die Afrikaanse Volksang-en Volkspele beweging, het die oorhandiging waargeneem.

Volgens Johan is die belangstelling na die uitbreek van Covid-19 baie goed. Heelwat nuwe groepe is regoor die land gestig en kom gereeld weekliks bymekaar vir die aanleer van nuwe volkspele.

Die Suiderland-groep is 1973 in Primrose, Germiston, gestig onder leiding van Flip Bisschoff en het onlangs geskuif na die Gereformeerde Kerk in Libradene. Hulle kom weekliks Donderdae om 19:00 in die kerksaal bymekaar.

Hierdie groep is baie bedrywig. ‘n Senior volkspele kursus in Julie en Volkspele kamp in Augustus is goed bygewoon.

Vir enige navrae, kontak Lallie by 082 921 5951.

Also Read: Inspan Volkspelelaer steeds aktief

Also Read: Kom maak ‘n tiekiedraai by die plaaslike Inspan Volkspelelaer

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button