Local news

ATKV Boksburg deel kos uit aan kleuterskool

Die tak poog om uit te reik na die gemeenskap deur liefdadigheidswerk.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Gesinstak Boksburg het onlangs 13 kospakkies uitgedeel aan die kinders en ouers van Little House Speelskool in Benoni, wat deel is van die Hanna Charity and Empowerment Foundation.

Volgens die plaaslike ATKV Gesinstak se sekretaresse, Elsabe Kleyn, wou die tak die kleuterskool help en was daar ‘n behoefte aan kos by die mense wie dit ontvang het.

Charlene Jackson, Boksburg en Benoni se bestuurder van Hanna Charity, het die gesinstak bedank vir hul barmhartige gebaar.

“Die gesinstak is al ‘n hele paar jaar betrokke by Little House in Benoni. Hulle het al telkemale aan ons kospakkies en ander benodighede geskenk waarvoor ons onsettend dankbaar is.

“Sonder hierdie tipe ondersteuning sal ons nie kan doen wat ons doen nie. Elsabe en jou span, ons is verskriklik dankbaar vir julle volgehoue ondersteuning. Mag julle in oorvloed geseën word.”

Die tak se doelwit is om uit te reik na die gemeenskap deur liefdadigheidswerk.

Deur die jare het die Boksburg-tak verskeie projekte van stapel gestuur soos gholfdae en Barnyard fondsinsamelings.

Vir meer inligting, kontak Kleyn by 083 307 4398.

Lees Ook: ATKV Gesintak Boksburg steeds aktief

Lees Ook: Dankie, ATKV Gesintak Boksburg

   

Related Articles

Back to top button