Local newsNews

Helpende Hand wil Warm Winter Liefde gee

Helpende Hand fokus op opheffing deur middel van opleiding, ondersteuning, ontwikkeling, omgee, medewerking, empatie en om diensbaar te wees.

Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak poog om talle behoeftige mense warm te hou deur winteritems in te samel met hulle nuwe projek, Warm Winter Liefde.

Volgens Helpende Hand Boksburg se ondervoorsitter, Amanda Zeelie, gaan die projek oor die verligting van armoede en nood in die gemeenskap.

“Hierdie jaar se winter is besonders koud. Ons het besef dat daar ‘n groot behoefte in ons gemeenskap is vir warm items. Behoeftiges moet worstel om te oorleef in hierdie koue, terwyl ons snoesig in ons beddens lê.

“Ongelukkig is ons, as ‘n nie-winsgewende organisasie, totaal afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap,” het sy verduidelik.

Skenkings soos komberse, winterklere, serpe, handskoene, bedsokkies en kouse sal met opregte waardering ontvang word. Pakkies sop en enige nie-bederfbare kos is ook welkom.

“Dink net vir een oomblik as jy in dieselfde posisie was,” het Zeelie beklemtoon.

Die begunstigdes van die projek sluit in ouetehuise soos SAVF Huis Dien Botma, Trans-50 Witfield Park Aftree-Oord, Elandsvallei en Remme-los, behoeftige gesinne onder die organisasie se sorg en ’n informele nedersetting in Witfield.

Vir meer inligting of om ’n bydrae te maak, kontak Andre Zeelie (voorsitter) by 060 550 6077.

Lees Ook: AfriForum Boksburg spog met nuwe bestuur

Lees Ook: AfriForum Boksburg donates food to the needy

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button