NewsSchools

Skrywers by Oosterlig vaar goed

Hoërskool Oosterlig spog weer met sy leerders se skryftalent.

2022 is ‘n uiters bedrywige jaar by Oosterlig. Daar word op elke moontlik vlak gewoeker en gewerk, so is die spogskool ook druk besig om leerders se skryftalent te ontgin, te slyp en te poleer.

Die Oosies neem deel aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse prestige skryfkompetisie. Hierdie skryfkompetisie word al sedert die sewentigerjare aangebied.

Baie bekende Suid-Afrikaanse skrywers het in hulle beginjare ook hul debuut deur middel van hierdie platform gemaak.

Een en twintig van die skool se leerders het geswoeg, geweet, hul eie poësie of prosastukke laat inskryf én natuurlik het hulle uitstekende uitslae ontvang.

Drie van die Oosies se werke het deurgedring en is vir publikasie gekies wat in die 2022 Poort-bundel gaan verskyn.

Hulle is Nicole Meyer (Graad12) met haar prosateks Weg, Amey-Lee van Vollenstee (Graad 11) met haar kortverhaal Totsiens en Chiara Dover (Graad 10) met haar gedig Die Trompet.

Lees Ook: Oosterlig lewer nasionale skut op

Lees Ook: Oosterlig blink uit in skryfkompetisie

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button