Local newsNews

Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

Laerskool Concordia doen 'n beroep op die gemeenskap om hul bloedskenkprojek te ondersteun aangesien daar minder mense as gewoonlik by die skool se bloedskenkdag op 4 Mei was.

Laerskool Concordia doen ‘n beroep op die gemeenskap om hul bloedskenkprojek te ondersteun aangesien daar minder mense as gewoonlik by die skool se bloedskenkdag op 4 Mei was.

Die skool het daarin geslaag om 12 eenhede bloed in te samel, wat minder is as die 31 eenhede wat in Maart ingesamel is.

Projekorganiseerder Ronel Steenkamp moedig die publiek aan om hul harte oop te maak vir die bloedbank tydens die skool se volgende bloedskenkdag.

“As mense die projek ondersteun ploeg hulle nie net terug in die gemeenskap nie, maar hulle red lewens. Die bloedbank het juis nou ons hulp nodig,” het sy vertel.

Yolanda van Rensburg is ‘n gereelde bloedskenker en het Laerskool Concordia se bloedskenkdag ondersteun.

Trude Gaarekoe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedbank het die skool bedank omdat hulle die perseel vir hulle oopgemaak het.

“Ek wil ook ons waardering uitspreek teenoor die ouers en almal wat hulle moue opgerol het om bloed te kom skenk. Van ons kant af het ons mense herinner oor die bloedskenkdag, so ons is onseker waarom dit so stil was,” het Gaarekoe verduidelik.

Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen, en die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Hou die Boksburg Advertiser dop vir die volgende bloedskenkdag se datum.

Also Read: Laerskool Concordia spog met puik atleet

Also Read: Laerskool Concordia red steeds lewens met bloedskenk-projek

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button