Local sportSport

East Rand United sukkel teen Vereeniging

Die span skep in die tweede helfte ‘n paar geleenthede om punte aan te teken, maar sukkel om dit af te rond.

Vereeniging Rugbyklub het East Rand United (ERU) met 36-7 oorrompel op 30 April in ‘n Valke Peregrine-wedstryd wat in Reiger Park uitgespook is.

Volgens die klub se voorsitter, Marius de Vos, het die manne van Reiger Park in die eerste helfte baie foute gemaak en gesukkel om aan die gang te kom.

“Hulle het ook ‘n paar sagte drieë afgestaan,” het de Vos gesê.

Teen rustyd het die besoekers ‘n voorsprong van 19-0 geniet.

East Rand United in aksie teen Vereeniging Rugbyklub.

“In die tweede helfte, nadat ‘n paar veranderings aangebring is, het die span beter rugby gespeel. Die span het ‘n paar geleenthede geskep om punte aan te teken, maar het gesukkel om af te rond,” het hy bygevoeg.

ERU slaag wel daarin om ‘n prag-drie te druk deur hulle plaasvervanger slot, Siyabonga Luwaca.

Die manne van Reiger Park sal weer op 21 Mei terug wees op die veld in Reiger Park vir ‘n kragmeting teen Benoni Northerns Rugbyklub.

Verder gaan die Boksburg Rugbyklub op 7 Mei kragte meet teen Benoni Northerns Rugbyklub in Boksburg.

Also Read: Boksburg Rugby Club clean-up a success

Also Read: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

   

Related Articles

Back to top button