Local newsNews

Inspan Volkspelelaer steeds aktief

Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen se saal gehou onder leiding van Frans Nolte.

Die Inspan Volkspelelaer bestaan al die afgelope 56 jaar in Boksburg en gaan steeds van krag tot krag.

Daar is ook onlangs‘n nuwe bestuur vir Inspan verkies; Stiaan van der Walt (laerleier), Johan Marx (onderleier), Marita van der Walt (sekretaresse en tesourier), Mike Prinsloo, Elize Jansen van Rensburg en Juan Jansen van Rensburg as addisionele lede.

Inspanners vergader elke Dinsdagaand om 19:00 te Witfield Park Aftree-Oord se saal.

Marita het bendadruk Inspan nooi graag gemeenskapslede met ‘n hart vir kultuur uit om by hul aan te sluit.

“Met die Covid-regulasies steeds in plek, sing ons uit volle bors saam (van agter ons maskers) en speel en swaai en lekker tiekiedraai ons,” het sy bygevoeg.

In die foto is lede van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando saam met Inspan Volkspelelaer.

Verder het die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando die Volkspelers uitgenooi om vir hulle ‘n optrede te doen op 14 Maart.

“Die kommandolede en ofissiere het dit baie geniet en het selfs saam met die Volkspelers in die kring gespeel. Die Graad Drie voortrekkers moet wel kennis en agtergrondinligting van volkspele hê om ‘n kenteken te kry.

“Dit is dus ‘n groot eer en voorreg vir die volkspelers om die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando in hierdie verband behulpsaam te wees,” het Marita bygevoeg.

Vir enige navrae oor Inspan, skakel Stiaan by 079 4737 385 of stiaanvdw10@gmail.com of Marita by 074 116 5497

Lees Ook: Kom maak ‘n tiekiedraai by die plaaslike Inspan Volkspelelaer

Lees Ook: Ria Kasselman steeds aan die dans na 50 jaar by Inspan Volkspelelaer

   

Related Articles

Back to top button