NewsSchools

Laerskool Concordia red steeds lewens met bloedskenk-projek

Laerskool Concordia het al talle lewens gered met sy bloedskenk-projek wat in 2018 begin het, en hulle is nie van plan om brieke aan te slaan nie.

Laerskool Concordia het al talle lewens gered met sy bloedskenk-projek wat in 2018 begin het, en hulle is nie van plan om brieke aan te slaan nie.

Die spogskool het 31 eenhede bloed onlangs ingesamel vir Bloedskenkdag.

Volgens Ronel Steenkamp, projekorganiseerder, is die skool tevrede met die uitkoms.

“Ons doen gewoonlik twee bloedskenkdae in een maand, so ons is trots op ons gemeenskap en ouers. Een-en-dertig eenhede is baie om voor dankbaar te wees.

“Dis ongeveer 93 lewens wat ons kon help red,” het sy verduidelik.

Trude Gareekoe van die nasionale bloedbank het die skool se bestuur, onderwysers, beheerliggaam en ouers bedank wat die dag ondersteun het.

“Names die bloedbank en al die pasiënte wat die bloed benodig, ons waardeer die kosbare geskenk opreg,” het sy bygevoeg.

Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen, en die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Hou die Boksburg Advertiser dop vir die volgende bloedskenkdag se datum.

Also Read: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

Also Read: #Concordiabloedskenk: 57 eenhede bloed in Oktober ingesamel

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button