Local newsNews

FTC Modderfontein beïndruk Susan Badenhorst Voortrekkers

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.

Lede van die Susan Badenhorst Kommando het onlangs vir ‘n uitstappie Fire Training Centre Modderfontein (FTC Modderfontein) besoek.

Gerhard Marais het die geleentheid as ‘n sukses beskou.

“Tydens die oefensessie by die FTC Modderfontein het sowat 50 van ons lede met groot oë toegekyk hoe vrywilligers van Search and Rescue South Africa (SARZA) oefen. Hulle is met toue op en af teen die toring.

“Met donker was dit weer die beurt van die brandbestryders om hulle slag te wys. Tussen 600 en 800 liters vliegtuig brandstof is aan die brand gesteek en het hulle met groot gemak en ter aanskoue van honderde mense die vuur geblus.

“Met groot bewondering in ons harte vir die reddingswerkers is ons daar weg.”

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 te NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65 bymekaar. Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak.

Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers in die gemeenskap om betrokke te raak.

Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

Lees Ook: Voortrekkers geniet kamp

   

Related Articles

Back to top button