Local newsNews

Oos-Rand Sakevroue begin jaar in styl

Die Oos-Rand Sakevroue het die jaar op ’n hoë noot afgeskop tydens hul vergardering op 23 Februarie te Summer Place.

Violis Lizelle le Roux het die vroue tydens die vergardering vermaak. Haar sjarme en die ritmiese manier waarop sy dans terwyl sy viool speel het die gaste op hul voete gehad.

Sy het liedjies soos Ode to Joy, Hongaarse Dans, Tango (Scent of a Woman) en Sarie Marais gespeel soos net sy kan. Die vroue het die vertoning so geniet dat hul selfs danse soos die Radetsky Mars uitgevoer het.

Nog ’n hoogtepunt van die aand was die driegangmaaltyd.

Die vroue het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te netwerk en mekaar beter te leer ken.

Karen Herbst, voorsitter van die Oos-Rand Sakevroue, het die funksie as ’n sukses beskryf.

“Dit was ’n lekker funksie waar ons ervaringe kon deel. Die vertoning en kos was ook fantasies. Ek wil graag vir Lizelle en almal bedank wat ons ondersteun het. Haar entoesiasme en positiewe persoonlikheid is aansteeklik,” het Herbst vertel.

Volgens Lizelle was dit heerlik om deel te kon wees van die geleentheid. Die Sakevroue kom weer op 11 Mei bymekaar.

Die Oos-Rand Sakevroue is ’n nie-winsgewende organisasie wat al vir ongeveer 19 jaar bestaan.

Vir meer inligting oor die organisasie, kontak Karen by karen.herbst@sanlam4u.co.za

Lees Ook: Oos-Rand Sakevroue Junie vergadering een vir die boeke

Lees Ook: Karen Herbst at the helm of East Rand Business Women

   

Related Articles

Back to top button