Local newsNews

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.

Vreugdevure het hoog gebrand tydens die Susan Bandenhorst Voortrekker Kommando se 42ste verjaarsdag te NG Kerk Witfield op 22 Januarie.

Kommandoleier Gerhard Marais het die funksie as ‘n groot sukses beskryf.

“Sowat 80 gaste het die geleentheid saam met ons gevier. Ons was bevoorreg om Suzette Nieuwoudt (dogter van Susan Badenhorst, na wie die kommando vernoem is), Johan Steyn (eerste onder kommandant), Zandra Machin (gebiedleier van Transvaal), oud-kommandoleiers, offisiere, heemrade en jeuglede wat die afgelope 42 jaar lid van die kommando was of tans is as gaste te ontvang.

“Vier van die sewe kommandoleiers wat al leiding geneem het in die kommando was ook teenwoordig,” het Marais gesê.

“Dit was ‘n aand van onthou jy nog en ‘n heerlike ete het die tyd laat vlieg. Daar was ook ‘n uitstalling van ou uniforms, trofeë en vaandels asook ‘n baie spesiale handgeskrewe brief waarin Susan Badenhorst in 1980 toestemming gegee het dat die kommando na haar vernoem mag word.

“Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker.”

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

“Ons is ‘n beweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.”

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te 65 NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65.

Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak. Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers in die gemeenskap om betrokke te raak.

Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp-boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: Voortrekkers blink uit

Lees Ook: Voortrekkers skenk aan Solidariteit Helpende Hand

   

Related Articles

Back to top button