Local newsNews

Akademie hou jolige dag ten bate van Cansa

Die skool het R23 000 vir Cansa ingesamel.

Sion Privaat Akademie het onlangs ‘n pret-belaaide Cansa Association of South Africa-dag aangebied waar hul ook fondse ingesamel het vir Cansa.

Volgens een van die organiseerders, Nadine de Clercq, is die doel van die dag om bewusmaking the skep oor kanker.

“Ek het verlede jaar hierdie dag gestig toe my werkgewer gediagnoseer is met kanker. Dit was vir my ‘n projek bitter naby aan my hart omdat ek my pa aan kanker verloor het.

“Ek het ‘n dag geskep waar kinders en ouers saam ‘n dag kan geniet, gesellig wees en bewustheid skep oor kanker. Ons werk elke jaar saam met Cansa met hulle Shave-a-thon en Spray-a-thon.

“Ek het laasjaar 25cm van my eie hare geskenk.

“Die dag is elke jaar n groot sukses en het baie mense se harte geraak. Ons beplan om elke jaar van krag tot krag en die publiek ook te nader. Daar word jaarliks fondse ingesamel vir Cansa.

“Hierdie jaar het ons ook die nasionale bloedbank genader en het baie van ons jeug/studente het vir die eerste keer bloed geskenk,” het de Clercq verduidelik.

Die skool het R23 000 ingesamel vir Cansa.

“Hierdie dag is ‘n groot suskes. Dit maak mense bewus van baie dinge en raak aan mense se harte,” het sy bygevoeg.

Sy het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.

“Ek wil baie dankie sê vir die borge en almal wat ons bygestaan het soos Cansa, Angelique Brits van Cansa, nasionale bloedbank, Crown Building Supplies CC, Leigh and Morne Lesley, Cappellos, GP Fuels, Swartz Hair and Beauty, Lash – out by Roeché, Keller Williams Clockwork Properties.

“Dan net ‘n spesiale dankie aan Sion Privaat Akademie se personeel wat elke jaar my so mooi help en vir Elma Gouws, Yolandi Peypers, Andries Joubert wat my gehelp het met interne reëlings en bygestaan het,” het sy gesê.

LEES OOK: #Cansa90: Giving Tuesday the ideal day to support Cansa

LEES OOK: RIV Theuns Jordaan

   

Related Articles

 
Back to top button