NewsSchools

Oosterlig lewer nasionale skut op

Agt leerders van die Oosterlig-span verwerf Ekurhuleni-kleure.

Hoërskool Oosterlig se boogskiet-leerders het onlangs aan die Nasionale Boogskietkompetisie deelgeneem.

Die skool behaal ’n algehele derde plek by die kompetisie, met ’n totale puntetelling van 3 222.

Agt leerders van die Oosterlig-span verwerf Ekurhuleni-kleure. Hulle is Stephan Booyens, Lourens Jacobs, Serika Janse van Rensburg, Kayleigh van Helden, Toané Barnard, Franco Botha, Hannes Smith en Arnold Smith.

Van Helden is ook tot die NASP-SA Junior Nasionale-span verkies wat Suid-Afrika by die kampioenskappe op 11 en 12 Desember by Curro Akademie Riverside gaan verteenwoordig.

Oosterlig bedank Ev Leathley (ouer) wat aan die stuur van die Purfecto-span is en die administrasie behartig.

Lees Ook: Oosterlig spog met top sprekers

Lees Ook:Oosterlig se nuwe hoofleiers is gereed om die leisels oor te neem

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button