Local newsNews

Kom maak ‘n tiekiedraai by die plaaslike Inspan Volkspelelaer

Die hele familie is welkom om die oefeninge by te woon.

Die Inspan Volkspelelaer Boksburg nooi lede van die publiek uit om by hul aan te sluit vir oefenaande en samesyn.

Entoesiastiese volkspelers kom nou elke Dinsdag om 19:30 te Witfield Park Aftree-Oord se saal bymekaar.

Enige lid van die gemeenskap is welkom om saam te oefen.

“Die hele familie kan die oefening bywoon en die wat nie die volkspele kan kom doen nie kan kom kyk.

“Dit ‘n lekker oefensessie, samesang en samesyn,” het Marita van der Walt, sekretaresse van die laer gesê.

Alle Covid-19 regulasies geld.

Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen se saal gehou onder leiding van Frans Nolte.

Vir meer inligting, kontak Stiaan van der Walt by 079 473 7385 of Marita van der Walt by 074 116 5497.

Also Read: Inspan Volkspelelaer Boksburg weer aan die dans

Also Read: Ria Kasselman steeds aan die dans na 50 jaar by Inspan Volkspelelaer

   

Related Articles

Back to top button