Local sportSport

Springs klink Boksburg se doppie in finaal

Ten spyte van die nederlaag is die Uile se afrigter trots op sy spelers.

Springs Rugbyklub mag maar spog na hul oorwinning teen Makopano Rugbyklub in die finaal van die 2020/21 Makopano Memorial Cup op 16 Oktober te Olympia Park, Springs.

Springs het die Uile met 28-15 geklop om as die wenners van die Memorial Cup weg te stap.

Die halftydtelling was 17-7 in die tuisspan se guns.

Buitesenter Franco Conradie is een van Boksburg se spelers wat uitgeblink het en is as Boksburg se KWV Speler van die Wedstryd aangewys.

Lukas van der Schuyff, hoofafrigter van Boksburg, het na afloop van die wedstryd gesê: “Ons is teleurgesteld oor die nederlaag, maar ek is trots op die ouens. Ons het baie goed gespeel. Daar is meer positiewe as negatiewe. Ons het hulle so in die eerste en laaste 20 minute oorheers.

“Ongelukkig was ons dissipline baie swak en ons het onnodige strafskoppe reg voor die pale afgestaan. Dit het Springs die geleentheid gegee het om punte aan te teken. Ons kon dit op die einde van die dag nie deurtrek nie.

“Baie geluk aan Springs. Dit was ’n wonderlike en suksesvolle kompetisie ter ere aan al die legendes wat ons vooruit gegaan het. Baie dankie aan Makopano Risk Solutions vir die borgskap wat dit moontlik gemaak het. Rugby het definitief geseëvier in ’n tyd toe dit werklik nodig was,” het die breier gesê.

Van der Schyff en die afrigter van Springs Rugbyklub, Ockert Brits, het met dié vriendelike liga vorendag gekom na die Valke sy klubrugby-liga vir die jaar weens Covid-19 gekanselleer het.

In die liga, wat op 28 Augustus afgeskop het, het Boksburg Rugbyklub, Springs Rugbyklub, Witbank Rugbyklub en Elsburg Rugbyklub teen mekaar meegeding. Elke span het die geleentheid gehad om een maal tuis en weg kragte te meet teen die ander klubs. Dit het ’n eerstespan, ’n o-20 sewes-span en ’n Barbarians-span (’n mengsel tusen 0-20s en senior spelers) ingesluit.

Puntemakers: Franco Conradie (drie), Estian Enslin (drie), Henry Pike (doelskop, strafskop)

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub bly dat toeskouers weer by stadions toegelaat word

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub vier oorwinning teen Witbank

   

Related Articles

Back to top button