NewsSchools

#Concordiabloedskenk: 57 eenhede bloed in Oktober ingesamel

Die publiek word aangemoedig om bloed te skenk met die feesseisoen wat op pad is.

Laerskool Concordia se bloedskenkdae op 14 en 15 Oktober was oudergewoonte ‘n sukses.

Die skool het daarin geslaag om in die twee dae 57 eenhede bloed in te samel vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed Diens (SANBD).

Lede van die nasionale bloedbank was vanaf 08:00 met hul beddens, naalde, sap en koekies gereed om skenkers by te staan. Tot na 16:00 is beddens volgesit.
Trude Gaarekoe van die nasionale bloedbank is tevrede met die opkoms.

“Ons wil graag vir die skool, ouers, beheerliggaam en gemeenskap bedank wat die projek ondersteun het.

“Dit maak ‘n verskil. Hulle gaan ons help om ongeveer 171 lewens te red. Daar is ‘n tekort aan bloed en ons moet juis nou bloed insamel met die feesseisoen wat op pad is,” het sy gesê.

Gareekoe het die publiek aangemoedig om hul moue op te rol en bloed te skenk. Die nasionale bloedbank se fasiliteite by die East Rand Mall is weeksdae oop van 10:00 tot 18:00 en 09:00 tot 15:00 op naweke.

Ronel Steenkamp, projekbestuurder, het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die projek.

Weens die pandemie kon die laerskool sedert 2020 nie ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op ’n tweemaandelikse basis bloed in. Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen, en die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Also Read: Bloed vloei vir bloedbank by EG Jansen

Also Read: Concordia samel 46 eenhelde in vir nasionale bloedbank

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button