Local newsNews

Rudi Claase weer positief vir Covid-19

Die sanger het ook in Junie Covid-19 opgedoen.

Rudi Claase, die gewilde sanger en liedjieskrywer, sal vir 14 dae moet self-isoleer nadat hy op 4 Oktober vir ’n tweede keer positief getoets het vir Covid-19.

Die Rynfield-inwoner, wat gereeld in Boksburg optree, het dit in ’n regstreekse video op sy Facebook-blad aangekondig.
“Julle het gehoor my stem het so twee dae gelede weggegaan. Vanoggend het ek sieker begin voel. Ek kan nie slaap in die aand nie, my lyf is seer en ek voel sleg.

“Ek was na my wonderlike dokter toe vir bloedtoetse. Ons het eers gedink ek het pampoentjies of iets, want my kliere is so seer as ek net ’n slukkie van enige iets vat wat suur is. Ek het toe gegaan vir ’n toets en ek het Covid. So ek voel en lyk of ’n trein my getrap het.

“Dit beteken ek moet nou ‘house-ridden’ vir die volgende 14 dae wees,” het hy gesê.
Rudi se vrou, Suzette, het verduidelik dat sy nie siek voel nie, maar dat sy haarself ook gaan laat toets vir die virus en wag nog vir haar uitslae.
“Ons probeer om ons gemoed op te hou onder die omstandighede. Gelukkig hoef ons net een vertoning uit te stel,” het Suzette bygevoeg.

Die sanger en sy vrou het albei in Junie Covid opgedoen.

Lees Ook: Rudi Claase weer tuis na ligte beroerte

Lees Ook: Rudi Claase vier Vrouedag

 

Related Articles

Back to top button