NewsSchools

Baanbreker skenk klere aan Boksburg DBV

Die skenking is by die skool oorhandig aan die Boksburg DBV.

Laerskool Baanbreker se leiers het op 27 September ’n helpende hand uitgereik na die Boksburg DBV met ’n skenking van klere.

Volgens Francina Stroebel, skakelbeampte van Laerskool Baanbreker, het die leiers die klere in September ingesamel.

Laerskool Baanbreker se leiers het op 27 September klere aan die DBV oorhandig.

“Die skenking was by die skool oorhandig aan inspekteur Neo Moya en Melanie Mey (administratiewe assistent) van die Boksburg DBV. Hulle is weg by die skool met ’n bakkie vol gelaai met klere,” het Stroebel verduidelik.

Die klere gaan in die DBV se liefdagheidswinkel te Railwaystraat verkoop word om die organisie te help om ’n inkomste te genereer.
Vicky Finnemore, bestuurder van die plaaslike DBV, het die skool bedank vir die skenking.

Lees Ook: Laerskool Concordia maak harte oop teenoor Boksburg DBV

Lees Ook: Boksburg SPCA initiates an anti-dogfighting campaign

   

Related Articles

Back to top button