Local newsNews

Voortrekkers skenk aan Solidariteit Helpende Hand

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg het onlangs ’n welkome skenking van skoene en klere ontvang van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando.

Die kommando het nege sake klere en ’n krat skoene aan die organisasie geskenk as deel van hul jaarlikse liefdadigheidsprojek.
André Zeelie, voorsitter van die plaaslike Helpende Hand, het die kommando bedank vir die skenking. Volgens Gerhard Marais, kommandoleier, moet verkenners elke jaar ’n gemeenskapsprojek aanpak. Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan. Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.

“Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.”

Die Susan Badenhorst Voortrekkers kom elke Maandag middag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65. “Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en ook jong volwassenes wat in die hoërskool is word genooi om te kom kyk wat ons maak. Ons het ook uitstekend geleenthede vir ons werkende volwassenes en ouers in ons gemeenskap om betrokke te raak,” het hy bygevoeg. Vir meer inligting besoek www.transvaal.voortrekkers.org.za Laai ook die Die Voortrekkers toepassingsprogrammatuur af op jou foon vanaf Google Play Store.

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers maak harte oop teenoor ouetehuis

Lees Ook: Susan Badenhorst Kommando-verkenners verwerf gesogte toekennings

   

Related Articles

Back to top button