InternationalSport

Boksburg Rugbyklub op die wenpad

Boksburg se agsteman, Brandon Swart, het twee keer vir die tuisspan agter die doellyn gaan kuier. Die Uile se kaptein, Henry Pike, en vleuel Peniel Tshiamal het ook elk ’n drie gedruk.

Makopano Boksburg Rugbyklub het op 28 Augustus sy eerste wedstryd van die 2021 Covid Memorial Cup op ’n hoë noot afgeskop.

Die Uile (Boksburg Rugbyklub) het met 28-24 geseëvier in ’n naelbyt-stryd teen Springs Rugbyklub wat te Prince George Park in Boksburg uitgespook is.

Toe die fluitjie vir halftyd geblaas het, was die telling 24-14 in die besoekers se guns.

Boksburg se agsteman, Brandon Swart, het twee keer vir die tuisspan agter die doellyn gaan kuier. Die Uile se kaptein, Henry Pike, en vleuel Peniel Tshiamal het ook elk ’n drie gedruk.

Die Uile se flank, Danie ‘Spider’ Shultz, is as die man van die wedstryd aangewys.

Pike het na afloop van die wedstryd gesê: “Vandag se wedstryd was taai. Ons het geweet Springs gaan hard baklei. Dit is die wedstryd waarvoor ons gewag het vir die afgelope drie jaar.

“Die ouens was ’n bietjie onfiks, maar ek dink ons het in die laaste 20 minute karakter gewys. Ons gaan nou aan fiksheid, balhantering en dissipline werk, en sien uit na ons volgende wedstryd teen Witbank.”

Boksburg se hoofafrigter, Lukas van der Schyff, het sy span geloof vir hulle vertoning.

‘Ek is net bly. Dit is wat hierdie span kan doen. Ek dink ons het ’n paar dinamiese spelers. Kommunkasie is net nog ’n bietjie van ’n probleem. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ons teen Springs gewen het nie.”

Puntemakers:
Boksburg: Brandon Swart (twee drieë), Henry Pike (een drie, vier doelskoppe) en Peniel Tshiamal (een drie)
Springs: Andrié Smit (drie doelskoppe, een strafdoel), Stan Peacock (een drie), Armand Jordaan (een drie) en Dawid Kruger (een drie).

Boksburg se span: 1 Travis Howell, 2 Takkie (Frederick Coenraad) van Staden, 3 Bart le Roux, 4 Willem Botes, 5 Ashley Cloete, 6 Danie Schultz, 7 Deon Smit, 8 Brandon Swart, 9 Edzard van Baalen, 10 Henry Pike, 11 Peniel Mala, 12 Damian Diedericks, 13 Franco van Eeden, 14 Keenan Oelofse, 15 Stefan van Zyl, 16 Franna Botha, 17 Henrico Thorpe, 18 Nkateko Lwazi Ngonyama, 19 Johan Meyer, 20 Reinhardt Venter, 21 Karabo Magubane, 22 Dwayne Fourie.

Verder het Boksburg se o-21 sewes ’n goeie dag op kantoor gehad in Boksburg en 34-29 gewen in die Makopano-beker. Die tuisspan se Barbarians het 14-12 teen Springs verloor.

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub gereed vir aksie

Lees Ook: Boksburg seëvier teen ERU in Valke Peregrine-liga openingswedstryd

   

Related Articles

Back to top button