MotoringSport

Boksburg Rugbyklub gereed vir aksie

Volgens Makopano Boksburg Rugbyklug afrigter lyk die span se gemoed goed.

Die Makopano Boksburg Rugbyklub het sy span aangekondig wat Springs Rugbyklub die stryd gaan aansê te Prince George Park in Boksurg op 28 Augustus in die nuwe Covid Memorial Cup.

Volengs Boksburg Rugbyklub se hoofafrigter, Lukas van der Schyff, is die manne opgewonde om weer op die veld uit te draf.

“Ons is so reg vir hierde wedstryd as wat ons kan wees. Die spelers se fiksheidsvlakke is weens die pandemie nie so goed soos in die verlede nie. Ons het ook net ’n week gehad om dit te verbeter. Oefening het vlot verloop en ons het by die basiese gehou.

“Almal is uitgehonger vir rugby en lus vir die wedstryde. Die grootste ding waarop ons nou gaan konsentreer is om dit te geniet,” het hy gesê.

Van der Schyff het voorheen verduidelik dat hy en die afrigter van Springs Rugbyklub, Ockert Brits, met dié initiatief vorendag gekom het na die Valke sy klubrugby-liga vir die jaar gekanselleer is.
Boksburg, Springs, Witbank en Elsburg se rugbyklubs gaan teen mekaar meeding in die Covid Memorial Cup.

Die span lyk soos volg: 1 Travis Howell, 2 Takkie (Frederick Coenraad) van Staden, 3 Bart le Roux, 4 Willem Botes, 5 Ashley Cloete, 6 Danie Schultz, 7 Deon Smit, 8 Brandon Swart, 9 Edzard van Baalen, 10 Henry Pike, 11 Peniel Mala, 12 Damian Diedericks, 13 Franco van Eeden, 14 Keenan Oelofse, 15 Stefan van Zyl, 16 Franna Botha, 17 Henrico Thorpe, 18 Nkateko Lwazi Ngonyama, 19 Johan Meyer, 20 Reinhardt Venter, 21 Karabo Magubane, 22 Dwayne Fourie

Lees Ook: Boksburg seëvier teen ERU in Valke Peregrine-liga openingswedstryd

Lees Ook: Plaaslike klubrugbyspan weer terug op die veld

   

Related Articles

Back to top button