Local newsNews

Boksburg VLU hartseer na Tannie Wilmina sterf

Tannie Wilmina het by die VLU aangesluit in 1989 en was na ses jaar verkies tot die bestuur.

Die Vrou Landbou-unie (VLU) se Boksburg tak rou na tesourier Wilmina Prins (90) op 21 Julie oorlede is.

Hettie Robinson, skakelbeampte van die Boksburg VLU, het geskryf:

Tannie Wilmina Prins is op 21 Julie van ons weggeneem. Sy het geval, nie baie seergekry nie, maar toe vind hulle uit haar niere en hart gee probleme. Asof dit nie genoeg is nie kry sy boonop Covid-19.

Sy was na die val opgeneem in die Linksfield Netcare-hospitaal. Ons wil ook die dokters en verpleegsters bedank vir die goeie diens wat hulle gelewer het.

Tannie Wilmina was getroud met Oom Jurie Prins wat die rektor was van Ekurhuleni West College. Hy het ook jare lank gedien op die Boksburg Stadsraad en was die burgemeester in die vroeë 80’s. Tannie Wilmina en Oom Jurie het vir jare gedien op die komitee van Strelitzia en Sondae het hulle daar gekook.

Hulle was ook deel van die feeskomitee wat die 16 Desember geloftediens help reel het wat plaasgevind het in die Klipkerk. Tannie Wilmina was voorsitter van die dames kring tot dit ontbind het. Oom Jurie is ses jaar gelede oorlede.

Tannie Wilmina was voorwaar ’n aanwins in ons VLU en het altyd ’n goeie woord gehad vir almal. Sy het by die VLU aangesluit in 1989 en was na ses jaar verkies tot die bestuur. Sy was ook twee keer verkies tot voorsitter en was visevoorsitter vir 14 jaar.

Sy was ons tesourier en sal gemis word, want sy was goed. En wat nog verder verrassend was is dat sy tot drie maande gelede nog haar eie motor bestuur het.

LEES OOK: Jolige afsluiting vir VLU Goudrif-streek

LEES OOK: Plaaslike VLU-tak hou jaarlikse prysuitdeling

   

Related Articles

Back to top button