NewsSchools

EG Jansen se redenaars dring deur na finale van liga

Die skool is trots op die leerders se prestasies.

Hoërskool Dr EG Jansen spog met redenaars wat die skool gaan verteenwoordig by die Landsfinale Rondte 2021 van die SA Interskole-redenaarsliga wat vanaf 8 tot 10 Oktober gaan plaasvind.

Hulle is Cheri Brink (Graad Agt voorbereide toespraak), Zivan Potgieter (Graad 10 voorbereide toespraak), Joanique du Toit (Graad 11 voorbereide toespraak) en Kimé Steenkamp (Graad 11 onvoorbereide toespraak).

Die skool se Graad 11-spanredenaarsgroep (Vianette de Kock, Ruan Tredoux, Joanique en Kimé) het ook deurgedring na die Landsfinale Rondte.

“Bykans 2 000 redenaars het aan die provinsiale rondte deelgeneem. Dit is ’n merkwaardige prestasie om na die finale deur te dring.

“Baie geluk aan elkeen van julle en dankie aan elke ouer wat dit vir die kinders moontlik maak om op die hierdie vlak deel te neem,” het Chrizanne Pretorius, hoof van bemarking, gesê.

LEES OOK: Corries blink uit in redenaars

LEES OOK: EG Jansen se Pompoms samel noodsaaklikhede in vir behoeftiges

   

Related Articles

Back to top button
X

.