EntertainmentLifestyle

Plaaslike musikant stel nuwe enkelsnit vry

Volgens die talentvolle musikant is sy ouers, Anton en Veronica Viljoen, die inspirasie agter Wonderwerk.

Parkrand se Cornel Viljoen is opgewonde om sy nuwe enkelsnit, Wonderwerk, met die publiek te deel.

Volgens die talentvolle musikant is sy ouers, Anton en Veronica Viljoen, die inspirasie agter Wonderwerk.

“Die liedjie gaan oor my ouers. Hoe hulle ontmoet het, hoe hulle mekaar leer ken het in die 80’s. Ek is ook ’n 80’s baba,” het Cornel gesê.

Die talentvolle kunstenaar het verduidelik dat Wonderwerk uit sy eie pen kom.

“Ek kon die snit ook self opneem. Peach van Pletzen van Planet Awesome het net gehelp om Wonderwerk af te rond.

“Die liedjie is geskryf tydens die eerste vlak vyf van die inperking. Al wat ek gehad het is tyd. Die liedjie het net vloei toe ek begin skyf. Ek het dadelik gemik om ‘n 80’s klank te skep, dit was my idee. Hopelik kon ek daarin slaag,” het hy verduidelik.

Wat kan aanhangers verwag van Cornel se nuwe musiek?

“Ek dink dat elke luisteraar self iets uit die enkelsnit kan kry, of dit nou liefde, hoop of teleurstelling is. Ek weet waaroor my liedjies gaan, maar ek wil graag elke luisteraar die geleentheid gee om self iets te voel.”

Hy het bygevoeg dat sy nuwe liedjie verskil van sy vorige musiek.

“Met Wonderwerk het ek baie meer met klank geksperimenteer,” het hy verduidelik.

Wonderwerk kan op digitale platforms soos YouTube geluister word.

Cornel het reeds van ‘n jong ouderdom af al besef dat sy DNS uit musiek uit bestaan.
Volg hom op Facebook (Cornel Viljoen).

LEES OOK: Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

LEES OOK: Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

Related Articles

Back to top button