Local newsNews

Wen kaartjies vir Lefra Produksies se Country Legends Kelderkonsert

“Ons wil graag hiermee hulde bring aan die legendariese Lance James,” het Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, gesê.

Een leser kan toegang wen tot Lefra Produksies se Country Legendes se aanlynvertoning op 1 Augustus om 17:00.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra se kompetisie SMS “Boksburg Advertiser”, jou naam en van en dan jou stad of dorp na 43366. Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra en Boksburg Advertiser country-kompetisie as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

Lefra se gewilde Country Legendes- en Country Legendes en Vriende-konserte het musiekaanhangers deur die jare vermaak en was jaarliks by Carnival City aangebied onder die leiding van die “big daddy” van Suid-Afrikaanse countrymusiek, Lance James.

Maar op 2 Maart 2020 word Lance se stem vir altyd stil. Lefra se Kelderkonserte bring nou hulde aan Lance en die ander groot name van countrymusiek met die uitsending van Country Legendes.

“Ons wil graag hiermee hulde bring aan die legendariese Lance James,” het Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, gesê.
Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za

LEES OOK: Lefra presents Two Generations Country in the comfort of your living room

LEES OOK: #TributetoLanceJames: Win a ticket to see Lefra’s Country Legends and Friends on Sunday

   

Related Articles

Back to top button