EntertainmentLifestyle

Phillip stel nuwe enkelsnit vry

Die tema van die enkelsnit is dat ‘n mens blydskap sal vind by iemand wat vir jou saak maak.

Lede van die publiek herken Phillip Schnetler dalk as Francois Vosloo in kykNET se gewilde sepie, Suidooster, maar daar steek meer agter die talentvolle kunstenaar.

Dié Witfield-inwoner het onlangs sy eerste Afrikaanse enkelsnit, Skitterend, vrygestel.

Schnetler het verduidelik Skitterend kom uit die pen van Hugo Ludik (Adam), Brendan Campbell (Rubber Duc, Posduif) en Nicholas Jordaan (Rubber Duc, Posduif).

“Dit is ’n ‘up-tempo’ liedjie wat aanklank sal vind by enige Afrikaanse (of Engelse) mens wat hou van musiek. Dit is baie ‘catchy’ en sit dikwels in my eie kop vas.

“Dit kan vir iemand gespeel word wat jy liefhet, vir jouself of sommer net jou beste maat. Dit is definitief ’n goedvoel-liedjie,” het Schnetler, ’n voltydse musikant, akteur en danser, gesê.

Die tema van die enkelsnit is dat ’n mens blydskap sal vind by iemand wat vir jou saak maak.
Wat is die inspirasie agter Skitterend?

“Die inspirasie vir die liedjie is dat mens net jouself kan wees en nie moet toegee aan ander mense se verwagtinge nie,” het hy gesê.

Hoe beskryf hy sy musiek?

“Dit het beslis ’n bietjie ‘folk pop influence’. Ek sal sê my ‘vocal range’ is nie die van ’n tipiese Afrikaanse man nie. Ek is trots dat ek ’n nuwe klank kan bring aan Afrikaanse musiek.”

Schnetler het grootgeword in Lydenburg en het na skool besluit om musiekteater te gaan studeer aan Tshwane University of Technology.

“Ek het vele musiekteaterproduksies al gedoen, soos Ons Vir Jou, Reik na die Sterre, Annie, Priscilla Queen of the Desert en Kinky Boots. Ek was ook te Sien in Suidooster as Kate Vosloo (vertolk deur Annelisa Weiland) se skelm kleinkind (Francois).

“Gedurende die harde inperking het ek besluit om my droom vir musiek meer na te streef. Dis toe ek Skitterend opgeneem het.”

Aanhangers sal ook binnekort weer vir Schnetler op die kassie kan sien.

“Ongelukkig kan ek nie nou te veel verklap nie. Hou maar julle televisieskerms dop.”

Schnetler se musiek is beskikbaar op alle digitale platforms asook YouTube.

Volg hom op Instagram (@Phillip_Musiek), Facebook (Phillip Musiek) en TikTok (@Phillip_Musiek).

Kontak hom ook by phillip.musiek@gmail.com of Info@Elysian-Management.com

LEES OOK: Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

LEES OOK: Dozi stel nuwe enkelsnit vry

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button