Local newsNews

Laerskool Concordia maak harte oop teenoor Boksburg DBV

Die skool se leiers het daarin geslaag om die afgelope twee maande oor die 100kg kos vir katte en honde, blikkieskos, speelgoed en komberse vir die plaaslike DBV in te samel.

Laerskool Concordia het op 30 Junie ‘n skenking gemaak aan die Boksburg DBV se vierpotige vriende as deel van hul Corrie leiers kosinsamelingprojek.

Die skool se leiers het daarin geslaag om die afgelope twee maande oor die 100kg kos vir katte en honde, blikkieskos, speelgoed en komberse vir die plaaslike DBV in te samel.

Volgens die spogskool se hoofdogter, Shaniqua Steenkamp, is dit tradisie vir die skool se leiers om op ‘n jaarlikse basis hul harte oop te maak vir die DBV.

“Ons moet ook dink aan diere wat hulp nodig het. Ek wil ook graag mense aanmoedig om die DBV te ondersteun en om eerder troeteldiere aan te neem,” het sy gesê.

Die hoofdogter het ook die se leerders en ouers bedank wat die projek ondersteun het.
Vicky Finnemore, bestuurder van die Boksburg DBV, het gesê dat die organisasie dankbaar is vir die skenking.

“Dit wonderlik is om te sien dat die jeug sulke wonderlike projekte aanpak. Ons maak veral in hierdie tyd staat op die publiek se ondersteuning en wil graag ander skole aanmoedig om dieselfde te doen,” het sy bygevoeg.

ALSO READ: Concordia kondig nuwe hoofleiers aan

ALSO READ: Concordia tydelik gesluit weens Covid-19

   

Related Articles

Back to top button