Local newsNews

Helpende Hand Boksburg reik uit na ouetehuise en instansies

Die projek is moontlik gemaak deur ‘n paar dames se goedgunstigheid deur 150 vroetelmoue te brei en aan die Boksburg-tak te oorhandig.

Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak het hierdie maand vroetelmoue uitgedeel by ouetehuise en instansies in die omliggende area.

Tehuise wat gebaat het by hierdie projek was Huis Dien Bothma, Trans-50 Witfield Park Aftree-Oord en Elandsvallei Ouetehuis en Prim Villa – ‘n tehuis wat spesialiseer in die versorging van mense met alzheimers en demensie.

Die projek is moontlik gemaak deur ‘n paar dames se goedgunstigheid deur 150 vroetelmoue te brei en aan die Boksburg-tak te oorhandig.

Die vroetelmoue wat Helpende Hand Boksburg aan ouetehuise en instansies uitgedee het. Foto: Verskaf

André Zeelie, voorsitter van die plaaslike tak, noem dat dit ‘n voorreg is om in die gemeenskap betrokke te wees en ‘n klein verskil te maak in die lewenskwaliteit van ander.

Zeelie het verduidelik dat hulle tak gereeld projekte van stapel stuur om te help met die opheffing van minderbevoorregtes en verligting van armoede in die gemeenskap.

Die voorsitter het almal bedank wat die tak se projekte ondersteun.

Helpende Hand is ‘n nie-winsgewende organisasie en daarom is ons totaal afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap. Skenkings is altyd baie welkom en stel ons in staat om projekte van stapel te stuur.

Met die volgende projek, “Jockeys en Sokkies”, poog ons om vir minderbevoorregte kinders kouse en onderklere in te samel.

Vir meer inligting of om ‘n skenking te maak, kontak Zeelie by 060 550 6077.

LEES OOK: Solidariteit Helpende Hand Boksburg ontvang welkome skenking vir skryfbehoefte-projek

LEES OOK: Gee ’n helpende hand aan behoeftiges

   

Related Articles

Back to top button