NewsSchools

Concordia samel 46 eenhelde in vir nasionale bloedbank

Die skool het in April 46 eenhede bloed ingesamel vir die nasionale bloedbank

Laerskool Concordia het weer die afgelope week druppel vir druppel ‘n verskil in die gemeenskap gemaak met hul bloedskenk-projek.

Concordia het op April 7 en 8 hande gevat met die gemeenskap om te help om die SANBD se bloedvoorraad aan te vul.

Die spogskool het die publiek genooi om in hul parkeerarea bloed te kom skenk en het daarin geslaag om 46 eenhede bloed binne twee dae in te samel.

Ronel Steenkamp, die skakelbeampte van Concordia, het almal bedank wat die projek ondersteun het.

“Ons is dankbaar vir elke persoon wat gekom het om bloed te kom skenk. Ons buurskole, Laerskool Baanbreker en Hoërskool Dr EG Jansen, het ook hul gewig agter die projek kom ingooi. Daar is wel minder bloed ingesamel as verlede maand, maar ons glo dit sal in Mei weer optel omdat mense wat in Maart bloed geskenk het volgende maand sal kan skenk,” het sy verduidelik.

Sy het verder mense en skole in die omgewing aangemoedig om Concordia se volgende bloedskenk te ondersteun.

Die nasionale bloedbank sal weer Mei 5 en 6 van 9vm tot 4nm by die skool (Rietfonteinweg 99) gereed staan vir bloedskenkers.

Weens die pandemie kon die skool nie in 2020 ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op maandelikse basis bloed in vir die nasionale bloedbank.

Lees Ook: Bloed vloei weer vir bloedbank danksy Concordia

Lees Ook: Concordia skenk weer eens bloed

   

Related Articles

Back to top button