NewsSchools

Bloed vloei weer vir bloedbank danksy Concordia

Die skool het 75 eenhede bloed in twee dae ingesamel

Laerskool Concordia het weereens met hul bloedskenk-projek betekenis gegee aan sy simbool van twee harte wat saam as een klop.

Concordia het op 2 en 3 Maart hande gevat met die gemeenskap om te help om die SANBD se bloedvoorraad aan te vul.

Die spogskool het mense genooi om in hul parkeerarea bloed te kom skenk en het daarin geslaag om 75 eenhede bloed binne twee dae in te samel.

Volgens Ronel Steenkamp, die skakelbeampte van Concordia, was die skool se eerste bloedinsameling vir 2021 ’n sukses.

Laerskool Concordia het op 2 en 3 Maart skouer aan die wiel gesit om te help om die nasionale bloedbank se bloedvoorraad aan te vul. (Foto: Verskaf)

“Die skool is dankbaar dat baie mense moeite gedoen het om die projek te ondersteun. Ons het meer bloed ingesamal as wat ons gedink het ons sou. Verlede jaar het ons so 100 eenhede bloed binne vier dae ingesamel

“Concordia wil sy deel doen om terug te gee aan die gemeenskap. Ons beplan nou om aan die begin van elke maand by die skool bloed in te samel. Weens die pandemie kon ons ook nie verlede jaar ons groot bloedskenkdag hou nie, maar hopelik gaan ons hierdie jaar ’n geleentheid daarvoor kry,” het sy verduidelik.

Steenkamp het almal bedank wat na die skool toe gekom het om liefde in die vorm van vloeistof te gee.

“Ons wil graag vir almal dankie sê wat ons gehelp het om bloed in te samel. Ons is ook dankbaar vir ons buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen, se ondersteuning,” het sy bygevoeg.

Volgens Trude Gaarekoe van die nasionale bloedbank, gaan die bloed wat die skool ingesamel het hul help om ongeveer 225 lewens te red.

“Ek wil graag die skool bedank names die nasionale bloedbank en die pasiënte wat hierby gaan baat. Elke druppel maak ’n verskil,” het sy bygevoeg.

Hou Concordia se Facebook-blad dop om te sien wanneer daar weer ’n bloedskenkdag gaan wees.

Die gemeenskap word ook aangemoedig om bloed by die bloedbank se fasiliteite by die East Rand Mall te skenk.

Lees Ook: VIDEO: Concordia samel 101 eenhede bloed in

Lees Ook: Laerskool Concordia breek hulle eie rekord van die meeste eenhede bloed geskenk

   

Related Articles

Back to top button