Local newsNews

Goudrand verheug oor nuwe kleuterskool

Goudrand reg vir die uitdaging om hul nuwe kleuterskool na hoër hoogtes te neem

Laerskool Goudrand is opgewonde om leerders by hul nuwe Goue Welpies Pri-Primêr/Golden Cubs Pre-Primary te verwelkom.

Dit kom kom na die Departement van Basiese Onderwys Goudrand in kennis gestel het dat hul nou Nerine-kleuterskool in Boksburg-Noord moet bestuur.

Leerders van die spogkleuterskool het vir die eerste keer in Januarie die geleentheid gehad om agter die skoolbanke op dié kampus te Charl Cilliersstraat in te skuif. Die kleuterskool bied klasse aan vir leerders van Graad RRR to R.

Volgens Shelton Botes, hoof van bemarking, is Goudrand gereed om die kleuterskool na hoër hoogtes te neem.

“Goudrand se hoofdoel is om bekostigbare onderrig van gehalte aan die gemeenskap te bied. Ons weet Covid-19 het ’n groot impak op mense se finansies gehad en daarom wil ons sorg dat dit bekostigbaar is vir leerders om kleuterskool toe te gaan. Ons wil ook graag beklemtoon dat ons onderwysers gekwalifiseerd is.

“Ons is ook dankbaar dat ons klaskamers mooi en groot is. Dit help ons om ’n veilige afstand tussen ons leerders te handhaaf. Die veiligheid van die leerders en personeel is vir ons baie belangrik. Ons volg dus alle Covid-19 regulasies om hul teen die virus te beskerm,” het Botes gesê.

Verder het hy vertel dat Engelse leerders ook welkom is om by die skool aan te sluit aangesien Goudrand in die proses is om ’n dubbelmedium skool te word.

“Ons bied reeds Engelse klasse by die laerskool aan vir Graad Eens, Twees en Dries. Ons gaan elke jaar meer Engelse klasse aanbied totdat daar Engelse klasse vir al die grade is. Afrikaanse leerders is steeds vir ons belangrik, ons wil net aanpas by die nuwe Suid-Afrika. Goudrand wil graag hê dat al die leerders gelukkig moet wees,” het hy bygevoeg.

Celeste Potgieter, ouer van ’n Graad R leerder by die Goue Welpies, Christiaan, het vertel dat sy opgewonde is om haar kind kleuterskool toe te stuur.

“Ek voel gerus dat my kind kleuterskool toe gaan. Ek weet die skool gaan uit hul pad uit om die leerders en personeel veilig te hou.”

Also Read: Laerskool Goudrand verwelkom nuwe personeel

Related Articles

Back to top button