Local newsNews

Lu-Anél genomineer vir gesogte toekennings

Die doel van die toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars

Luané-Anél van Staden (14) van Impala Park, ook bekend as Lu-Anél, is onlangs vir die gesogte Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings genomineer.
Lu- Anél het ’n nominasie ontvang in die volgende kategorieë vir die liedjes wat sy gesing het:
• ‘Best kids gospel single’ vir Die Lieflinge se Die Here wag reeds daar.
• ‘Best southern rock/country single’ vir The Judds se Grandpa.
• ‘Best musical single’ vir Lady Gaga se Always remember us this way.
Sy is ook genomineer vir ‘Overall best child artist’.
Sy het verduidelik dat die doel van die toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars. Ongeveer 64 ander kunstenaars, wat bekendes soos Rudi Claase en Nadine Blom insluit, is ook genomineer.
Volgens Lu-Anél is dit vir haar ’n voorreg om op die nominasielys te wees.
“Dit is ’n eer om saam met gevestige, suksesvolle kunstenaars en nuwelinge op die nominasielys te wees. Ek wil graag dié kunstenaartoekennings bedank dat hul erkenning gee aan onafhanklike kunstenaars,” het die kunstenaar gesê.
Lu- Anél se ma, Anina, is trots op haar dogter se prestasie.

Lees Ook; Sangeres Lu-Anél bereik nuwe hoogtes

Lees Ook: Kyk video: Lu-Anél palm die toekennings in

   

Related Articles

Back to top button