NewsSchools

Concordia skenk weer eens bloed

Die 113 eenhede bloed wat die skool ingesamel het gaan die nasionale bloedbank help om ongeveer 339 lewens te red

Laerskool Concordia het weer eens liefde in die vorm van vloeistof gegee toe hul onlangs 113 eenhede bloed ingegesamel het.

Dié spogskool het vanaf 3 tot 6 November bloed ingesamel om die SANBD se bloedvoorraad te help aanvul.

Ronel Steenkamp, die skakelbeampte van Concodia, het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die inisiatief.

“Die skool wil graag dankie sê aan elke persoon wat dit vir ons moontlik maak om die nasionale bloedbank te help. Ons is ook trots omdat verskeie oud-Corries, wat nou in Hoërskool Dr EG Jansen is, bloed kom skenk het.

“Ons probeer vir ons kinders ’n kultuur skep waar leerders besef dat dit belangrik is om bloed te skenk. Dit red lewens,” het Steenkamp gesê.

Lede van die gemeenskap word ook aangemoedig om bloed te skenk by die bloedbank se fasiliteite by die East Rand Mall.

Also Read: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button