Local newsNews

Plaaslike skaakkampioen vaar uitstekend in Afrika-toernooi

Plaaslike skaakkampioen het tydens die toernooi vier van sy ses wedstryde gewen

Die skaakgenie van Hoërskool Dr EG Jansen, Devon Smit, het beïndruk toe hy deel was van Suid-Afrika se skaakspan wat aan die Zone 4.5 Online Team Championship deelgeneem het.

Die 15-jarige het verduidelik dat die toernooi vanaf 16 tot 18 Oktober aanlyn plaasgevind het.

Suid-Afrika het teen ander Afrika-lande soos Angola, Botswana, Zambië, Zimbabwe, Lesotho, Malawi, eSwatini (Swaziland) en Namibië meegeding.

Angola het die kompetisie met ‘n halwe punt gewen en Suid-Afrika het ‘n tweede plek ingepalm. Devon het vier van sy ses wedstryde gewen.

“Dit was uitdagend om aanlyn te speel omdat dit ‘n nuwe ding vir my is, maar ek is dankbaar dat ek weer my land kon verteenwoordig. Ek het dit ook geniet om saam met groot name soos Watu Kobese kon speel,” het Devon verduidelik.

Devon se pa, André, is trots op sy seun se prestasie.

“Hy het goed gevaar en die vrugte van sy harde werk gepluk. Ten spyte van die feit dat hy nie werklik hierdie jaar aan groot toernooie kon deelneem nie, het hy steeds nie gehuiwer om te oefen nie.

“Dit is nie moeilik om hom gemotiveerd te hou nie,” het André gesê.

Die ‘canidate master’ het gesê dat hy weens die pandemie nie seker is wanneer hy weer die geleentheid gaan kry om sy land te verteenwoordig nie.

Lees Ook: Devon gekroon as SA-skaakkampioen

Lees Ook: Skaakkampioen steeds hard aan die werk

   

 

Related Articles

 
Back to top button