EntertainmentLifestyle

Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

Groter as Goliat kan nou op alle digitale platforms geniet word.

“My musiekloopbaan is my eerste liefde en daardie oomblik moet reg wees. Ek het gewag vir die regte oomblik en die regte ‘song’.”

Só sê die plaaslike sanger Gerhard Steyn oor sy nuwe enkelsnit Groter as Goliat wat handel oor die liefde en hoe magtig dit is as jy jouself daarmee omring.

“Ek wou ‘n liedjie neerpen om die krag van liefde te beskryf, om die liefde vir my gesin te beskryf. In my vrou se oë vind ek hoop,” het die Baby Tjoklits-sanger verduidelik.

Groter as Goliat kom uit Gerhard se eie pen uit en kan nou op alle digitale platforms geniet word.

Steyn het ook onlangs by Coleske Artists aangesluit en is betrokke by die treffer , Monumentaal, wat die afgelope maand deur Ruhan du Toit (ook deel Coleske Artists) vrygestel is.

“Dit is ‘n nuwe seisoen, nuwe hoofstuk in my lewe waarna ek baie uitsien. Nou gaan ons Groter as Goliat. Ek was 16 jaar by Vonk Musiek en baie dankbaar vir die platform en die pad wat ek saam met hulle kon loop,” het hy gesê.

Kan aanhangers uitsien na vertonings en optredes van die bekroonde sanger?

“Ek kan nie wag om voor honderde en duisende mense op te tree nie,” het hy vertel.

Die immergewilde sanger is ook op Erfenisdag deel van die produksie, Monumentaal, wat regstreeks aanlyn gestroom sal word. Ook deel van die produksie is Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Ruhan du Toit, Adam Tas, Ricus Nel, Jay, Dewald Wasserfall, Ivan Roux, Riaan Benadé en Ghapi.

As Gerhard nie besig is om liedjies te skryf of voor die TV-kameras is nie, geniet hy sy vrou, Zelri,en twee spruite, Zardi (4) en Zaniq (1) se geselskap by die huis.

Kyk Groter as Goliat se musiekvideo :

 

Lees Ook: Gerhard Steyn builds a formidable career on a rock of faith

Lees Ook: Plaaslike musikant het groot drome

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button