EntertainmentLifestyle

Plaaslike danser werk steeds hard om drome te bewaarheid

Ongelukkig is al die South African Dance Teacher Association-kompetisies gekanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie

Die Advertiser het by Premier Champ van Boksburg Jaqueline Cronje (19) gaan inloer om uit te vind hoe haar dansloopbaan vorder gedurende die grendeltydperk.Jaqueline blink uit in dansstyle soos kontemporêr, jazz, hip-hop en freestyle en wil graag nog style bemeester.

Watter implikasies het die inperking op jou dansloopbaan?

Ongelukkig kan ek nie aan danskompetisies deelneem nie as gevolg van die regering se regulasies. Ek kan ook nie die land verlaat om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreldkampioenskappe nie. Ek kan ook nie my volle dansroetines oefen nie as gevolg van beperkte spasie by my huis. Die studio ook geslote moet bly. Ek kon ook nie my praktiese danseksamens voltooi nie.

Hoe behandel die grootmenslewe jou?

Heel goed. Dit was ‘n groot aanpassing van hoërskool na grootmenswêreld toe. Dinge was taamlik vreemd, maar ek het vinnig aangepas en die uitdaging positief verwelkom.

Neem jy tans aan enige kompetisies deel?

Ongelukkig is al die South African Dance Teacher Association-kompetisies gekanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie. Niks sal my egter keer om nog steeds hard te oefen vir die kompetisie wat volgende jaar gaan plaasvind nie. Ek weet daar is altyd plek vir verbetering.

Gaan daar hierdie jaar ‘n geleentheid vir jou wees om jou land te verteenwoordig?

Verlede jaar het ek weer kwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig in Engeland, Blackpool, maar toe ontvang ek slegte nuus dat die wêreldkampioenskappe uitgestel gaan word tot volgende jaar.

Wat is vir jou die moeilikste deel van die pandemie?

Dit is ongelooflik moeilik om nie my familie en vriende, selfs dans vriende wat ek gewoonlik elke dag sien, te kan sien nie.

Hoe het jy fiks gebly tydens die grendeltydperk

Dit was baie moeilik om my lyf in vorm te hou. Ek het meestal met die hulp van aanlyn videos fiks gebly.

Hoe het jy jouself besig gehou tydens die gerendeltydperk en het jy enige nuwe talente ontdek?

Ek het video’s aanlyn gekyk wat my geïnspireer het om steeds hard te werk. Ek het glad nie nuwe talente ontdek nie, maar het nuwe dansbewegings beoefen en dit verbasend genoeg reggekry.

As jy kon kies om saam met ‘n beroemde persoon in kwarantyn te wees, wie sou dit wees?

Michael Jackson. Hy was een unieke kunstenaar wat verskeie talente gehad het. In dans, sing en kuns, hy is die rede hoekom ek van ‘n kleintyd belang gestel het om net soos hy te kan dans.

Wat is die beste raad wat jy al ontvang het?

Moet nooit dans om te wen nie. Dans vir die liefde daarvan en geniet die talent wat die Here aan jou gegee het. Die beste danser word gebou deur harde werk en toewyding, die danser wat gewoonlik sukkel en verloor en aanhou, kom altyd bo uit. – My dansinstrukteur, Tonia Veldman.

Tonia Veldman is vir jou ‘n inspirasie. Waarom?

Sy het my die danser en die mens gemaak wie ek vandag is. Sy is nie net my dansinstrukteur nie, maar my grootste rolmodel. Sy is soos my tweede ma en ek is een geseënde mens om deel te wees van haar lewe.

LEES OOK: 

Plaaslike danser presteer in die 2019 World Freestyle Dance Championships

LEES OOK: 

Baanbreker se revue seëvier by kompetisie

Related Articles

Back to top button