Local newsNews

Verskeie skole tydelik gesluit weens Covid-19

Dit sluit onder andere Laerskool Concordia, Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Oosterlig in.

Met die aantal positiewe Covid-19 gevalle wat nou skerp styg moes talle skole in Boksburg die afgelope week tydelik hul hekke sluit weens kontak met die virus.

Laerskool Concordia

Die hoof van Laerskool Concordia, Charel Blignaut, het bevestig dat een van die skool se leerders positief getoets het vir die koronavirus. Blignaut het verduidelik dat die skool dadelik met die Department van Gesonheid in verbinding getree het toe hulle bewus geword het van die positiewe geval.

“Ons werk streng volgens die maatreëls en vereistes wat die department van gesondeid aan ons gestuur het. Die skool was tydelik gesluit en weereens ontsmet. Die betrokke leerder self-isoleer by die huis. Onderwysers en leerders wat direkte kontak gehad het met die leerder het reeds negatief getoets vir Covid-19,” het Blignaut gesê.

Volgens hom het die betrokke leerder die virus nie by die skool opgedoen nie en leerders is weer terug by die skool.

Hoërskool Voortrekker

Alfri Black, hoof van Hoërskool Voortekker, het aan die Advertiser bevestig dat die skool 30 Junie gesluit was nadat ‘n onderwyser positief getoets het vir die virus. Die hoof het verduidelik dat die betrokke personeellid by die huis self-isoleer.

“Ons het onmiddelik die Department van Gesondheid in kennis gestel oor die positiewe geval. Voortrekker is ook intussen weer onstmet,” het die hoof verduidelik. Sy het ook beklemtoon dat die onderwyser nie ‘n matriekonderwyser is nie en daarom nie kontak met matrikulante gehad het nie.

Volgens haar het die onderwyser nie die virus by die skool opgedoen nie. Die skool is weer veilig verklaar om oop te maak.

LEES OOK:

Covid-19 hits Freeway Park Primary School

Hoërskool Oosterlig

Hoërskool Oosterlig het met ‘n Facebook-inskryfwing aangekondig dat daar vermoedelik positiewe gevalle van die koronavirus by die skool is.

“Gedurende die naweek het twee van ons leerders aangedui dat hul positief vir Covid-19 getoets is. Alle klasse waar die matrieks onderrig ontvang, is Vrydag ontsmet, soos per Covid-19-protokol. ‘n Eksterne maatskappy is ingekry om die skool weereens, volgens industriële norme, te ontsmet wat ons genoop het om die skool vandag te sluit.

“Tydens ons ondersoek het dit aan die lig gekom dat die leerders wat positief getoets is nie die virus by die skool opgedoen het nie. Gevolglik gaan ons die skool op 30 Junie heropen en ons gaan normaal voort met onderrig,” het die verklaring gelui.

Volgens die verklaring het die skool ook toetsdatums aangeskuif om leerders te akkommodeer.

Francios Nel, hoof van die skool, het gesê die Departement van Gesondheid is in kennis gestel.

LEES OOK: 

Boksburg police station closed after officers test positive for Covid-19

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button