NewsSchools

Skaakkampioen steeds hard aan die werk

Die Advertiser het by die skaakgenie van Hoërskool Dr EG Jansen, Devon Smit, gaan inloer om uit te vind hoe sy skaak vorder terwyl hy agter slot en grendel sit

Devon is tans ‘n SA o-14-skaakkampioen, die SA o-14-Blitz-skaakkampioen en is in Januarie aangewys as die SA Internasionale Speler van die Jaar toe hy Ekurhuleni by die Suid-Afrikanse Junior Skaakkampioenskappe verteenwoordig het.

Hy het einde verlede jaar ook opgradeer na ‘candidate master’ toe nadat hy algeheel tweede in die Afrika Jeugspele Skaaktoernooi geïndig het.

A: Die inperking het almal anders geaffekteer. In watter opsig is jy geraak?

A: Ek kan nie meer agter die bord skaak speel nie en al die skaaktoernooie is totaal en al gestop. Ek het wel nou meer tyd vir aanlyn skaak.

V: Wat is die belangrikste les wat jy in hierdie tyd geleer het?

A: Daar is geen waarborge in die lewe nie. Jy moet presteer en hard werk, want môre kan alles verander.

V: Jy kan nie soos gewoonlik by die skool saam met ander leerders skaak oefen nie. Van watter alternatiewe opsies maak jy gebruik om jou brein fiks te hou vir die spel?

A: Ek spandeer nou baie tyd daaraan om aanlyn skaak te speel op Lichess en Chess.com

V: In watter kompetisies het jy deelgeneem tydens die inperking en hoe het jy daarin gevaar?

A: Ek het aan ‘n paar nie-amptelike kompetisies aanlyn deelgeneem en het baie goed gedoen. Dit sluit in SA Streekskompetisies (al die provinsies), Afrika Uitdaagkompetiesies en ‘n uitdaagkompetisie teen Rusland.

V: Was daar enige toernooie waarvoor jy voorberei wat weens Covid-19 afgestel is?

A: Die SA geslote kampioenskap en die streeksproewe is gekanselleer. Die skoleliga en NWU-PUK-reeks was ook afgestel.

V: Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jy die nuus gekry het van die gekanselleerde toernooie?

A: Ek was baie teleurgestel omdat die SA geslote-kompetisie ?n mens die geleentheid gee om te kwalifiseer om jou land te verteenwoordig. Ek wou bitter graag my Suid-Afrikaanse titel verdedig.

LEES OOK: 

Skaakkampioen van Boksburg maak die regte skuiwe

V: Gaan daar in 2020 ‘n geleentheid vir jou wees om jou land te verteenwoordig?

A: Ek twyfel aangesien alle internasionale kompetisies gekanselleer is.

V: Glo jy dat die virus ‘n rol gaan speel op die manier waarop skaaktoernooie aangebied gaan word?

A: Defnitief. Ek weet SA skaak kyk na alternatiewe opsies om toernooie veilig te maak binne die regulasies wat deur die regering uiteengesit is.

V: Het jy enige doelwitte op die oomblik met betrekking tot jou skaak?

A: Op hierdie stadium gaan ek net werk, werk en nogmaals werk om my vaardighede te verbeter. Mens moet baie oefen om beter te word in skaak.

V: Waarna sien jy die meeste uit weer wanneer jy weer agter die skoolbanke in te skuif en wat is jou grootste vrees met die terugkomslag?

A: Ek sien daarna uit om weer ‘n bietjie normaliteit in my lewe te hê en ek hoop dat almal sal veilig wees.

V: Jy moet op die oomblik jou skoolwerk aanlyn voltooi. Is dit vir jou ‘n uitdaging of geniet jy dit?

A: Ek kry ekstra klasse, maar ek is nie heeltemal gelukkig om aanlyn skool te gaan nie. Ek mis die interaksie binne klasverband.

V: Vyf interessante feite oor jourself.

A: Ek is baie goed met wiskunde, ek het die vermoë om baie lank te kan fokus en konsentreer, ek is baie vaardig met die rekenaar, ek het vir Boksburg junior sokker gespeel en ek is baie lief vir swem.

V: Is daar iets wat jy wil byvoeg wat jy voel belangrik is?

A: EG Jansen is baie ondersteunend in ons skaak, veral mev. Leona Olivier en die skool se skaakafrigter, mnr. Elrich Grootboom.

LEES OOK: 

Vyfde plek vir skaakwonder in Statebondspele

Related Articles

Back to top button