Local newsNews

Plaaslike musikant het groot drome

Op skool het die veelsydige musikant van elke geleentheid gebruik gemaak om sy musiektalent ten toon te stel

Cornel Viljoen van Boksburg het reeds van ‘n jong ouderdom af al besef dat sy DNS uit musiek uit bestaan.

Die dertigjarige bestuurder het aan die Advertiser verduidelik dat hy nog lank nie van plan is om op sy musikale drome op te gee nie. Vir hom is musiek meer as net ‘n stokperdjie, daarom is hy hard aan die werk om ‘n mini-album te voltooi en vry te stel.

Cornel is mal oor alternative rock en sy liedjies word hoofsaaklik inspireer deur gewilde musiekgroepe soos Die Heuwels Fantasies en Spoegwolf. Sy liefde vir musiek het op laerskool begin en het hy homself geleer om verskeie instrumente te speel.

LEES OOK: 

Ria van Wyk vier 60 jaar in die musiekbedryf

“Ek was omtrent 13 toe ek verlief geraak het op die kitaar en ek het besluit om myself te leer om die instrument te bespeel. Elke dag na skool het ek ure op my bed gaan sit en oefen. Baie mense gee na ‘n maand of twee op, maar dit was nie vir my ‘n opsie nie. Ek het net aangehou totdat ek dit baas geraak het. Daarna was dit nie te moeilik om die baskitaar te speel nie. Ek het toe later ook geleer hoe om klavier en dromme te speel. Dit is maar net vir my lekker om musiek te maak,” het die Parkrand-inwoner gesê.

Op skool het die veelsydige musikant van elke geleentheid gebruik gemaak om sy musiektalent ten toon te stel. Hy was onder meer deel van sy skool se koor en het aan talentkompetisies deelgeneem.

  • “Nadat ek skool verlaat het, het ek musiek aan die Campus of Performing Arts studeer. Ek het wel later die besluit geneem om eerder ‘n voltydse werk te kry en aan my musiek te werk soos ek tyd kry. Daarna het ek ook vir ‘n rukkie kitaar gespeel vir ‘n musiekgroep. Ek het ook musiek by my kerk begin maak en ek is nou die praise and worship leader,” het hy bygevoeg.

Hy het beklemtoon dat hy geniet om liedjies te skryf en dat hy nou nou daarop wil fokus.

“Ek wil nooit ophou skryf nie. Dit sal ook vir my lekker wees om ander kunstenaars te help om te skryf. Baie mense het goeie idees, maar weet nie noodwendig hoe om dit in ‘n liedjie te omskep nie. Ek glo ek kan hulle hiermee help.”

Luister Cornel se nuutste liedjie, Koors, op https://www.youtube.com/results?search_query=cornel+viljoen en volg hom op Facebook by https://web.facebook.com/profile.php?id=100011425532741

LEES OOK: 

Talentvolle Tobi Jooste vemaak Oosrand Sakevroue

Related Articles

Back to top button