Local newsNews

Oosterlig se aanlynskool stimuleer leerders akademies

Leerders van elke graad ontvang daagliks ‘n rooster wat in agt periodes verdeel is

Die koronavirus wat Suid-Afrika en groot dele van die wêreld tot stilstand gebring het gaan Hoërskool Oosterlig nie keer om hul akademiese standaard hoog te hou nie. Angie Motsekga, die Minister van Basiese Onderwys, het onlangs aangekondig dat die eerste groep leerders voorlopig eers in Junie vanjaar sal kan terugkeer skool toe.

ALSO READ: 

Helpende Hand Boksburg wil graag matriekafskeidrokke skenk

Dit beteken dat leerlinge nog langer tuis moet bly en dat daar nog akademiese tyd weens die pandemie verlore gaan.
Oosterlig is egter een van die skole in Boksburg wat nou van tegnologie gebruik maak om skoolwerk met hul leerders te deel.
Die spogskool het op 20 April met hul aanlynskool begin.
Leerders van elke graad ontvang daagliks ‘n rooster wat in agt periodes verdeel is. Leerlinge kliek dan eenvoudig net op die periode wat op hul van toepassing is. Die skakel sal leerlinge lei na ‘n video op die skool se YouTube-kanaal waarin hul onderwyser die les aanbied.
Leerlinge kan om 8vm begin om voor hul digitale toestel in te skuif.
Die skool se hoof, Francois Nel, het verduidelik dat die inisiatief tot voordeel van die leerders se akademie is.

“Ons wil graag help om ons leerders akademies te stimuleer. Dit was vir ons ‘n leerproses, maar die leerders en onderwysers pas goed aan met die digitale lesse. Die lesse wat op ons kanaal opgelaai word is van uitstaande gehalte,” het Nel vertel.

Die hoof het beklemtoon dat die aanlynskool vir hersiening is en dat niemand uitgesluit word nie.
“Ons besef dat daar leerlinge is wat ongelukkig nie toegang tot die internet het nie en hul hoef egter nie bekommerd te wees nie. Die lesse is gemik op hersiening. Indien ‘n onderwyser wel besluit om van die nuwe werk te behandel, sal die werk weer aan die leerders verduidelik word wanneer die skool weer heropen,” het hy gesê.

LEES OOK: 

Hoërskool Oosterlig wys hul gee om vir die gemeenskap

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button