Local sportSport

Skaakkampioen van Boksburg maak die regte skuiwe

Smit is tans ’n SA o-14-skaakkampioen, die SA o-14 Blitz skaakkampioen en het ook ’n vyfde plek ingepalm toe hy sy land by die Statebondspele verteenwoordig he

Die skaakkampioen van Hoërskool Dr EG Jansen, Devon Smit, het 2020 op ‘n hoë noot begin toe hy uitgeblink het by die Suid-Afrikanse Junior Skaakkampioenskappe wat van 4 tot 8 Januarie by Birchwood in Boksburg uitgespook was.

Smit het Ekurhuleni vertweenwoordig en was aangewys as die SA Internasionale Speler van die Jaar. Hy het 6.5 uit 7 vir sy prestasies by die SA’s gekry.

Hy het ook ‘n uitstekende 2019 op ’n hoë noot afgesluit toe hy op ’n brose ouderdom van 14 opgegradeer het na ‘candidate master’.

Smit het hierdie gesogte titel verower toe hy in Desember algeheel tweede in die Afrika Jeugspele Skaaktoernooi geïndig het.

Ethan Lake, Nimai Singh, Elrich Grootboom (afrigter en vise-president van Ekurhuleni Juniorskaak) en Khwezi Zwane by die Birchwood Hotel vir die Suid-Afrikanse Junior Skaakkampioenskappe.

Die nuwe gradasie is vir Smit ’n groot eer.

“Ek was in ekstase toe ek verlede jaar die prestasie behaal het. Ek het hard hiervoor gewerk en ek glo dat hierdie titel deure vir my sal oopmaak aangesien ek ’n stappie nader aan ’n ‘grandmaster’ titel is,” vertel Smit.

“Om ’n ‘grandmaster’ te word is een van die grootste prestasies wat in skaak behaal kan word en dit sal vir my ’n droom wat waar word wees om dit eendag te kan bereik.”

Sy passie vir skaak het in Graad Drie begin toe sy ouers hom aangeraai het om agter die skaakbord in te skuif. Dit was maar net die begin.

“Harde werk is van kardinale belang in skaak. Om beter te word moet jy oefen, oefen en nogmaals oefen,” verduidelik Smit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button