Local newsNews

Skep hoop saam met Solidariteit

Boksburg Dienskantoor maak die week van 4 tot 6 September sy deure vir Solidariteit-lede vir ’n gratis konsultasie oop.

Solidariteit het 17 dienskantore regoor Suid-Afrika waar lede, in hul provinsie, ’n tuiste het waar hulle verteenwoordig word.

In Gauteng word lede onder andere deur die Boksburg Dienskantoor verteenwoordig.

Volgens Marlindie Booyens, ’n plaaslike administratiewe beampte, het Boksburg Dienskantoor verskeie organiseerders wat na lede se belange omsien.

“Ons organiseerders sien toe dat daar ledevergaderings gehou word waar lede se probleme hanteer word, erkenningsooreenkomste met werkgewers gesluit word en verseker word dat lede goed voorberei is wanneer sake na die bedingingsraad verwys word,” het Booyens gesê.

“Solidariteit se glimlag skep hoop en ons wil dit graag met die gemeenskap deel.”

Solidariteit sal ook te sien wees by die Oosrand Glimlag Fees, 7 tot 8 September te Benoni Northerns Sports Club, in Northmead.

“Kom maak gerus ’n draai om uit te vind hoe jy as lid kan help om hoop te skep.”

Vir meer inligting SMS die woord “SMILE” na 34802.

“Indien jy aansluit as lid, staan jy die kans om ’n wegbreek naweek by Kokoriba Wildreservaat te wen. Bepalings en voorwaardes geld. Kom vind meer uit by Boksburg Dienskantoor se ope-week.”

Skakel ook vir Booyens, Natasha van Heerden of Veruchka Whitehead op 011 913 0783/1101 vir meer inligting of stuur ‘n e-pos aan boksburg@solidariteit.co.za .

Die kantoor is in Rondebultweg 232, Libradene, geleë .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button