Local newsNews

Helpende Hand Boksburg wil graag matriekafskeidrokke skenk

Daar is ’n verskeidenheid rokke beskikbaar waaruit die meisies kan kies.

Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak wil meisies graag help om hul matriekafskeid spesiaal te maak deur rokke te skenk.

Elke meisie wil graag prentjiemooi op haar matriekafskeid lyk.

Dit is egter nie altyd binne almal se bereik om hulle droomrok te dra nie. Helpende Hand Boksburg wil daarom rokke aan behoeftige meisies skenk.

Volgens Alida Reed van Helpende Hand Boksburg sal dit vir hulle ’n riem onder die hart wees as hul selfs net een persoon kan help.

Alida Reed van Helpende Hand Boksburg by die sanitêre produkte wat hul vir tienermeisies insamel.

“Ons het pragtige rokke en hier is iets vir almal se smaak. Ons wil graag help om hierdie meisie se dag so spesiaal as moontlik te maak,” vertel Alida

“Die meisies mag die rokke hou of hulle kan die rokke weer aan ons skenk sodat ons weer ’n ander meise kan help.

“Die Boksburg tak samel ook sanitêre produkte vir behoeftige tienermeisies in en het die publiek se hulp nodig.

“Daar is ’n groot behoefte aangesien meisies hierdie produkte maandeliks nodig het. Ons maak dan ook vir hulle pakkies op wat ander noodsaklikhede en bederfies, soos seep, bevat.

“Ons is totaal en al afhanklik van skenkings, daarom word dit altyd waardeer. Hoe meer skenkings ons kry, hoe meer mense kan ons help.”

Kontak Alida op 082 228 3552 of Amanda op 083 399 1688 vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button