Editor's choiceLocal newsNews

Oos-Rand Sakevroue blom by funksie saam met Dr Daniel de Kock

Die Oos-Rand Sakevroue het op 14 Augustus ’n vrolike byeenkoms by Summer Place gehou. Die tema vir die maand se vergadering was ”Vroue met ’n hoed op die kop, ’n blom in die bek, rooi lippe en hakskoene.” Die innemende spreker, Dr Daniel de Kock, het die vroue se lagspiere behoorlik laat werk en het …

Die Oos-Rand Sakevroue het op 14 Augustus ’n vrolike byeenkoms by Summer Place gehou.

Die tema vir die maand se vergadering was ”Vroue met ’n hoed op die kop, ’n blom in die bek, rooi lippe en hakskoene.”

Die innemende spreker, Dr Daniel de Kock, het die vroue se lagspiere behoorlik laat werk en het die vroue geïnspireer.

“Terwyl ons leef laat ons leef met ’n gemotiveerdheid wat skrik vir niks anders versuip jy in jou eie negatiwiteit en dit is presies wat nie moet gebeur nie.”

Dr Daniel de Kock, die gasspreker, het die vroue met sy toespraak geïnspireer. Hy het hulle ook gewys hoe om blomme te rangskik.

Hy het gaste onder andere aangemoedig om hulself lief te hê en om die beste van elke oomblik te maak.

“As julle na julle lywe in spieël kyk, draai, tel jou arms in die lug en dan maak jy vrede met jouself. As jy nie vrede het nie, kan jy nie aan ander vrede verskaf nie. As jy nie inpas nie, staan net ’n bietjie verder weg,” het Daniel gesê

“Meng jou met mense wat jou positief motiveer sodat jy die beste kan wees soos wat jy moet wees. Moenie laat ander mense jou lewe bitter maak nie. Jy moet blom daar waar jy geplant is.

“Die toekoms behoort alleen aan die een wat ’n geleentheid raaksien.”

Daniel het die vroue ook gewys hoe om blomme wat uit ’n tuin uit kom te rangskik.

Die Oos-Rand Sakevroue het weereens van die geleentheid gebruik gemaak om mekaar beter te leer ken. Almal wat al een van die sessies beleef het, besef dit is nie ’n geleentheid wat mens sommer vergeet nie.

Related Articles

Back to top button